In sy splinternuwe boek, Leef uitnemend, help die topverkoperskrywer en een van die wêreldse se invloedrykste leierskapskenners, dr. John C. Maxwell, lesers om die eerste treë te gee na ʼn lewe wat regtig saak maak en doelgerig is.
Ons het almal ʼn begeerte om iets betekenisvols te doen of te bereik. Ons almal wil ʼn bydrae lewer tot iets groter as onsself. Ons wil deel wees van iets edels en ʼn groter doel het. Maar ongelukkig sien baie mense hierdie droom of begeerte as iets wat onbereikbaar is. Hulle dink dit bo hul vermoë om dit te bereik. Hulle dink hulle moet met ʼn ongelooflike idee vorendag kom, ʼn sekere ouderdom wees, baie geld hê of beroemd of invloedryk wees om ʼn werklike verskil te kan maak.
Maar, die goeie nuus wat Maxwell met ons in Leef uitnemend deel, is dat dit nie een van hierdie goed nodig is vir enigeen om iets betekenisvols te doen en ʼn nalatenskap na te laat nie.
Die enigste wat jy nodig het om iets met betekenis te bereik, is om doelgerig te wees. En al wat jy moet doen om dít te bereik, is om te begin. Geen mens kan invloed uitoefen terwyl jy stilsit en niks doen nie. Elke groot prestasie nog ooit behaal is, het begin met iemand wat ʼn eerste tree gegee het.
Dis nie altyd ewe maklik nie, maar ongeag wat, jy móét dit doen as jy iets wil bereik in die lewe.
Maxwell help jou in Leef uitnemend om daardie eerste tree te gee – en die ander wat daarop volg – op jou persoonlike pad na ʼn betekenisvolle lewe.
John C. Maxwell (born 1947) is an evangelical Christian author, speaker, and pastor who has written more than 50 books, primarily focusing on leadership.
His organizations have trained 2 million leaders worldwide. Every year he speaks to Fortune 500 companies, international government leaders, and audiences as diverse as the United States Military Academy at West Point, the National Football League, and ambassadors at the United Nations.
John C. Maxwell was born in Garden City, Michigan. His father, Melvin, was a minister in a local Wesleyan church. Maxwell followed his father into the ministry, completing a Bachelor's degree at Ohio Christian University in 1969, a Master of Divinity degree at Azusa Pacific University, and a Doctor of Ministry degree at Fuller Theological Seminary. Maxwell has received five honorary doctorates of divinity (including ones from the California Graduate School of Theology and Liberty University).
... Show more