Read & Study the Bible Online - Bible Portal
Gesels met God elke oggend
Wat is my doel in die lewe? Hoe kan ek die beste keuses maak?
Daar is so baie vrae in die lewe, en net God het al die antwoorde. As jy stil raak
en na Hom luister, sal Hy hulle met jou deel. In haar nuwe dagstukkieboek, Gesels
met God elke oggend, wys Joyce Meyer dat enigeen kan leer hoe om God se stem
en die verskeie maniere waarop Hy praat te herken, en sodoende sy plan vir jou
lewe te kan volg.
Hierdie dagstukkies is saamgestel uit drie van Joyce Meyer se gewildste boeke
oor hoe om ’n verhouding met God te bou: How to Hear From God, Knowing God
Intimately en The Power Of Simple Prayer. Hierdie dagstukkies sal lesers daagliks
daaraan herinner hoe God met hulle deur hul gedagtes, gevoelens, drome en die
woorde van ander mense praat. Joyce Meyer lig die maniere waarop God met ons
praat uit, asook die voordele wat dit vir ons inhou om Hom te vra om ons sensitief
te maak vir sy stem.
Kindle Edition, 586 pages

Published October 5th 2011 by Struik Christian Media

Group of Brands